Bossies

Afrikaans online Blog

Week 4 se stats

  
Nog ‘n naweek van rugby lê voor en na 3 weke van Super 14 begin die SFL ‘n weeklikse roetine aanneem:

 

Maandag aand haal jy die naweek se program uit en kyk hoe lyk die naweek se games. Die res van die week top jy oor jou besluite wat jy al ‘n paar keer oor gemaak het.Dinsdag aand lees jy bossies se weeklikse rubriek en wonder hoekom verskil ons so baie.Woensdag aand is dit kapteinsoefening in Wellington. Donderdag aand maak jy jou finale keuse en skiet die muntstuk op vir daai 50/50 games.Die naweek probeer jy soveel as moontlik games kyk.  (Eintlik skree jy net vir die scoreboard en worry nie veel oor die game nie!)Sondagaand log jy op Superbru in en kyk hoe lyk die skade van die naweek en wie het watter bonuspunte gekry.  Met al die doubles, moet jy eerste ding Maandagoggend op bossies inlog om seker te maak van die finale stand van sake.  Dan begin die week weer van voor af. Nou aangesien jy nog niks het om Woensdag aand te doen nie, hier’s die naweek se stats.  Ek hoop dis betyds vir die Wellington manne se byeenkoms. Highlanders vs HurricanesDie Highlanders het gemengde sukses in Dunedin teen die Hurricanes met 6-4-2-0.  Die games was egter nog nooit naby nie en in die 6 wedstryde is daar slegs 3 bonuspunte opgetel vir 4 of meer drieë maar geen vir ‘n punteverskil van 7 of kleiner nie.  Volgens die rekordboeke gaan die punteverskil dus heel moontlike meer as 7 wees. Waratahs vs BrumbiesSelfs in die goeie jare kon die Brumbies nog net ‘n Semi-finaal in Sydney wen en spog die Waratahs met ‘n tuisrekord van 7-6-1-0.  Maak jou reg vir ‘n opwindende game, want die gemiddelde totale punte telling in Sydney is oor 50!  Bulls vs LionsTeen wat ‘n mens sou verwag, voel die Leeu heel tuis op Loftus.  5-2-3-0. Die 3 verloor games van die Bulls was egter naby en met die vorige ontmoeting tussen die 2 spanne het die Leeus redelik gebloei.  Dis egter ‘n jong Leeu span en die 46-17 sal nie sommer weer herhaal word nie. Volledige rekord:2006 – Bulls met 292004 – Bulls met 10 2002 – Lions met 132000 – Lions met 41998 – Lions met 7 Chiefs vs CheetahsDie twee spanne het nog net 2 keer teen mekaar gespeel in die Super14 en in die 2 games kon die Chiefs slegs 1 punt meer as die Cheetahs aanteken.  Dit was in Hamilton.  Kan die Cheetahs die jetlag oorkom en hul eerste oorwinning van die seisoen behaal?  Ek twyfel. Volledige rekord:2007 – Gelykop2006 – Chiefs met 1  Reds vs StormersDie span wat so goed op die veld lyk, maar nog nie ‘n game kon wen nie, is ook op toer.  Die games tussen die Reds en die Stormers was nog altyd baie naby gewees in Brisbane (5-3-2-0), en gelukkig kon die Stormers darem die 4 punte die laaste 2 keer optel.  Ek is oortuig daarvan dat dit die naweek is wat die Stormers my ‘n punt of wat gaan kos, ongeag of ek saam of teen hul gaan.  Volledige rekord:2006 – Stormers met 42004 – Stormers met 1 2002 – Reds met 32000 – Reds met 131998 – Reds met 5 Sharks vs BluesDie Shark tenk laat tot die Blues met tye steier. (6-4-2-0). Almal onthou nog goed laas jaar se semi-finaal telling van 34-18.  Die Blues is egter ‘n ander span vanjaar en sal graag hul besoek aan die Republiek met 3 oorwinnings wil afsluit. Die toer raak egter nou lank en soos bossies sê, hierdie is ‘n moontlike piesangskil. Volledige rekord:2006 – Sharks met 162006 – Sharks met 172004 – Blues met 112002 – Sharks met 72000 – Blues met 111998 – Sharks met 16 Force vs CrusadersDie laaste game van die naweek.  Die Crusaders kon nog nooit in Perth wen nie, maar so ook nie die Force nie.  Dit sal dus ‘n eerste vir beide spanne wees (1-0-0-1).  Ten spyte van ‘n goeie vertoning deur die Force in die 1ste 3 games van die seisoen, is dit moontlik die enigste game waaroor jy rustig kan slaap die naweek. Dis die stats vir week 4.   Vir diegene wat sukkel om hul geld in die SFL terug te maak, hier’s ‘n tip.  Laas jaar tydens my double naweek het 2 spanne gelykop gespeel, so sit so ‘n paar rand op ‘n draw vir die naweek se games.  Jy kry gewoonlik goeie odds in die omgewing van 25 tot 30 : 1.