Afrikaans

online blog

You are here: Home

Super 14 Preview and Predictions Week 5

Nou ja, met Boet en Mol het ek nou nog nie die jaar my gewone gewaffel on die Net geplaas nie.  Deels omdat ek nie tyd het nie en deels omdat ek dit wel so op ‘n manier deur Boet en Mol doen. En toe breek Super 14 2009 Week 5 aan.  Dit is Dinsdag so tien voor 6 en ek het nounet my tips op Superbur gesave.  Toe ek so 3min later die mail kry met my tippings en dit so bietjie deurkyk, toe dink ek weer by myself “Oh what have I done?”

Dit is nou done en dusted.  Ek kan nie glo dat ek die nommer 1 spot op Superbur beklee nie.  Nee, ek lieg sommer net.  Dit is waar ek al lankal hoort.  Die rugby gode het my nog net elke jaar so bietjie bygekom in die eerste paar weke.
Anyway.  So hopelik luister julle die week nie na my nie en ek slaan hom weer mooi en haal hopelik vir Mol en JanH in op die SFL punteleer.

So hier die predictions vir week 5.

Blues vs Cheetahs
Ek het nie laasweek se Cheetah game gesien nie, maar het op die highlights gesien hulle was nog vroeg in die tweede helfe in die game tot ‘n drie teen die verloop hulle kans in die wielle gery het.  Dit behoort weer naby te loop maar ek dink die Blues sal hulle gewoonlike einde game drie druk om die voorsprong bo tien te neem so, Blues met 16

Brumbies vs Waratahs
Hier kan ek baie idee’s rondgooi in alby rigtings maar my pens se binnegevoel het my maar laat buig in die rigting van die tuisspan so, Brumbies met 3

Crusaders vs Force
Weer een van die games wat jy in enige rigting kan gooi.  Die Crusaders is vanjaar seker almal se downfall, behalwe raptor wat die Highlanders gepick het verlede week.  Wel ek het besluit bogger hulle en alhoewel ek die Chiefs gepick het om die Force ver te wen is dit ‘n ander game en hierdie week gaan ek teen die Saders so, Force met 2

Highlanders vs Chiefs
Verlede week se Highlanders game behoort in die noordelike halfrond en ek dink die Chiefs is on the up and up en ek back hulle weer vir ‘n grote so, Chiefs met 12

Reds vs Sharks
Bly maar ‘n Suid Afrikaner en dit is darem die Reds.  Ek dink egter sal maar ‘n naelbyt affere wees maar ek staan maar by die Sharks so, Sharks met 4

Stormers vs Lions
Wil eintlik die Stormer reel beging toepas maar dit is darem die Lions en dit is darem op die tuisfront.  Ja ja, ek sal seker weer lekker huil Saterdagaand maar, Stormers met 8

So daar is vir julle bietjie leesstof vir die eerste maal die jaar en al wat ek verder te sê het is,

Keep it country my kwagga...

 

News

Faffa slat rekord dubbel

My suster faffa het die rekord boeke herskryf slegs een week na my rekord opgestel is.  Geluk met jou 20.4 punte oor die naweek.  'n Pragtige 10.2 x 2
More:

En daar sluk ek toe n grote

En daar sluk ek toe 'n grote met die Bulls, jy weet waarvan ek praat - daai goed wat jy net voor jou vrou saans met 7de Laan los

SFL 2009


Hoe registreer ek?

Gaan na www.superbru.com/super14www.superbru.com/super14 en registreer daar. Aan die linkerkant is daar Registered users met Email en Password en onder dit is New Users. By new users sleutel herdboot in by die Pool code en volg dan die registrasie proses.

Wat is kos dit om te speel?

Die koste is dieselfde as verlede jaar en beloop R200.00 per speler.

Waar en hoe betaal ek?

Jy kan ‘n internet oorplasing doen by die volgende rekening:

Dit is 'n Virgin Active kredietkaart.  Om 'n betaling te doen, gaan na jou public recipients en gaan soek vir Absa Credit Cards

Acc no 5286250152494014

NB: Maak ASB die reference van die oorplasing jou speler naam en NIE SFL, of Super 14, of wat ook al nie – anders weet ek nie wie betaal het nie!

Wanneer betaal ek?

Einde Februarie is die laaste, die wat dan nie betaal nie, sal ek dan maar seker maar moet uitskop...

Kan ons as ‘n groep betaal?

Julle is meer as welkom. Een persoon kan die geld insamel en dan vir almal te betaal. Stuur dan net ‘n e-mail met die details van al die spellers na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Wat is die prysgeld?

Die prysgeld sal ek eers kan bepaal sodra ek weet hoeveel spelers(geld) ingeskryf het.  Maar ons gaan op dieselfde min of meer dieselfde % werk as verlede jaar.  Dit beteken die wenner kry 40%, tweede plek is 15% en derde is 5%.  Die weekwenners neem dan die oorblywende 40%.

Gaan ons weer ‘n funksie hou soos verlede jaar?

Ja. Dit sal seker, soos verlede jaar, weer op die dag van die finaal plaasvind.  Verdere reelings sal volg hoe nader ons aan die tyd kom.

Gaan ons weeklikse pryse vir die semi’s en die final hê?

Nee

Mag ek meer as een speler inskryf?

Ja.  Kroek maar indien dit jou sal laat goed voel.  Die lewe is vol reëls en almal probeer dit te breek en die SFL is maar net nog een.  So speel hom soos jy wil.  Al reëls wat tel is superbru se reëls.

Ek het nie e-mail nie, hoe nou?

Jy het nie een nodig nie, jy kan enige adres gebruik op superbru - pasop net as jy wen, dan het hulle nie 'n manier om jou in die hande te kry nie.

Hoe werk die punte toekenning?

Punte word toegeken soos aangedui in die reëls op www.superbru.comwww.superbru.com

Op Superbru is daar total margin difference om die spelers te skei. Werk dit by ons ook so?

Die total margin difference sal by SFL ook die leaderboard bepaal. Dit beteken dat as daar spelers is wat op dieselfde punte eindig, hulle volgorde bepaal sal word deur hulle TMD.

Word die weeklikse wenner ook bepaal deur die punte en die TMD?

Ja.

Ek sien Superbru het nie die double up nie. Speel ons weer double up?

Ja. Ek copy bloot net die punte wat jy verdien het op Superbru vir die naweek en verdubbel dit.

Speel ons weer twee doubles?

Ja, een in week 1-7 en een in week 8-14.  Indien jy nie laat weet nie, speel ons outomaties week 7 en week 14 as jou double.

wanneer moet ek laat weet dat ek my double wil gebruik?

Double-up sluit teen 17:00 Donderdag middag voor die naweek. Dit beteken dus dat jy my voor 5nm op die Donderdag van die naweek moet laat weet dat jy wil double-up. Bel sms of mail my dat jy dit die naweek wil gebruik.

Waar kry ek dan die finale puntestand?

Omdat Superbru nie die double-up gebruik nie, sal die finale leaderboard op Bossies beskikbaar wees.

Die belangrikste vraag. Is daar weer vanjaar ‘n Tour de SFL?

Ja. Dit is standing date en almal is welkom om ‘n maatjie uit te daag en sodoende deel te hê aan die pret!

Watter roete gaan julle volg?

Sal nog besluit.

NUWELAND WINGERDTOER

NUWELAND WINGERDTOER

Die Nuweland-trekkertoer sal hierdie jaar die 8ste Maart plaasvind....

More:

Detox - Deel 5

14.1.2006 – 13.55

Dag drie en 'n half is agter die rug.  Die probleem waarmee ek vandag sit, is dat dit Saterdag is.  Dit beteken dat ek gewoontlik kuier saam met my vriende en dit sluit 'n pakkie sigarette of twee in.  Vandag is ek gelukkig op Mosselbaai saam met my pregnant fairy, wat die situasie so bietjie makliker maak.  Hier is niemand rondom wat rook nie.  Maar my sigarette le nog steeds op die tafel hier binne. 
0.0.50/
Dit is nou op hierdie staduim van die ophou rook dat jy met jouself begin redeneer.  Wil ek nou regtig ophou rook?  Ek sit nou vir 3 en 'n half dae sonder die goed.  Whoepee, maar is dit regtig wat ek wil he.  Op die stauduim is daar nog nie so groot invloed op my gesondheid nie.  Dit is tog nie so erg om te rook nie.  Veral as ek van nou af net minder rook.  Dit is tog vir my lekker om te rook.  Bogger die verslawing en die gesondheid, dit is vir my lekker om te rook.
More:

Gedig uit ons prille jeug

DIEETPROGRAM VAN RESERVOIRSTR.24
Elke dag net nog n dag. Net nog n uur om om te lag.
Die gekuier hou nooit op, skink maar nog n dop,
Die grootste vyand van ons jeug, dis nou eers twee-uur, nog n teug.
Marcy is al huistoe - Ray is uitgepaas, maar ons KAN mos drink en MAG maar raas.
Almal hier beproef sy perk, gooi nog n dop en gooi hom sterk.
Dis soos n jagtrip die. Jy sien die sonopkoms,
(en oor n naweek) sommer twee.
More:

Naweek 1

Ek is seker as ek verstaan het wat Eros Ramazotti hier in die agtergrond sing sou dit somewhere along the lines of jy is n grootbek poepol met heeltemal meer bek as breins gewees het, maar nou ja, wat sou ek gewees het sonder my groot smoel? Baie geluk aan die Mbury's se tydelike oorheersing en aan my fellow dorpenaars, trek vinger ouens, ek gaan nie ons naam kan hooghou so dit sal by julle le, dankie Elrine, jou naam lyk baie mooi daar aan die bokant. So dit is nou dit, die eerste naweek is verby en gemengde gevoelens is aan die orde van die dag, so ook n klomp nuwe gameplans en en nuwe oortuigings, ek vir een maak my reg vir n (met my beperkte voetbol kennis) lekker gebalanseerde super14 wat ek glo baie onverwagse draaie gaan uitdeel vir ons..... Wens dis alweer Vrydag, kannie wag vir die volgende episode

Baasgert, oor en uit!

More:

Social Bookmarking

Add this page to Blinklist Add this page to Del.icoi.us Add this page to Digg Add this page to Facebook Add this page to Furl Add this page to Google Add this page to Ma.Gnolia Add this page to Newsvine Add this page to Reddit Add this page to StumbleUpon Add this page to Technorati Add this page to Yahoo