Hoe registreer ek?
Gaan na www.superbru.com/super14
en registreer daar. Aan die linkerkant is daar Registered users met Email en Password en onder dit is New Users. By new users sleutel herdboot in by die Pool code en volg dan die registrasie proses.
Wat is kos dit om te speel?
Die koste is dieselfde as verlede jaar en beloop R200.00 per speler.
Waar en hoe betaal ek?
Jy kan ‘n internet oorplasing doen by die volgende rekening:
Dit is 'n Virgin Active kredietkaart. Om 'n betaling te doen, gaan na jou public recipients en gaan soek vir Absa Credit Cards
Acc no 5286250152494014
NB: Maak ASB die reference van die oorplasing jou speler naam en NIE SFL, of Super 14, of wat ook al nie – anders weet ek nie wie betaal het nie!
Wanneer betaal ek?
Einde Februarie is die laaste, die wat dan nie betaal nie, sal ek dan maar seker maar moet uitskop...
Kan ons as ‘n groep betaal?
Julle is meer as welkom. Een persoon kan die geld insamel en dan vir almal te betaal. Stuur dan net ‘n e-mail met die details van al die spellers na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Wat is die prysgeld?
Die prysgeld sal ek eers kan bepaal sodra ek weet hoeveel spelers(geld) ingeskryf het. Maar ons gaan op dieselfde min of meer dieselfde % werk as verlede jaar. Dit beteken die wenner kry 40%, tweede plek is 15% en derde is 5%. Die weekwenners neem dan die oorblywende 40%.
Gaan ons weer ‘n funksie hou soos verlede jaar?
Ja. Dit sal seker, soos verlede jaar, weer op die dag van die finaal plaasvind. Verdere reelings sal volg hoe nader ons aan die tyd kom.
Gaan ons weeklikse pryse vir die semi’s en die final hê?Nee
Mag ek meer as een speler inskryf?
Ja. Kroek maar indien dit jou sal laat goed voel. Die lewe is vol reëls en almal probeer dit te breek en die SFL is maar net nog een. So speel hom soos jy wil. Al reëls wat tel is superbru se reëls.
Ek het nie e-mail nie, hoe nou?
Jy het nie een nodig nie, jy kan enige adres gebruik op superbru - pasop net as jy wen, dan het hulle nie 'n manier om jou in die hande te kry nie.
Hoe werk die punte toekenning?
Punte word toegeken soos aangedui in die reëls op www.superbru.com
Op Superbru is daar total margin difference om die spelers te skei. Werk dit by ons ook so?
Die total margin difference sal by SFL ook die leaderboard bepaal. Dit beteken dat as daar spelers is wat op dieselfde punte eindig, hulle volgorde bepaal sal word deur hulle TMD.
Word die weeklikse wenner ook bepaal deur die punte en die TMD?
Ja.
Ek sien Superbru het nie die double up nie. Speel ons weer double up?
Ja. Ek copy bloot net die punte wat jy verdien het op Superbru vir die naweek en verdubbel dit.
Speel ons weer twee doubles?
Ja, een in week 1-7 en een in week 8-14. Indien jy nie laat weet nie, speel ons outomaties week 7 en week 14 as jou double.
wanneer moet ek laat weet dat ek my double wil gebruik?
Double-up sluit teen 17:00 Donderdag middag voor die naweek. Dit beteken dus dat jy my voor 5nm op die Donderdag van die naweek moet laat weet dat jy wil double-up. Bel sms of mail my dat jy dit die naweek wil gebruik.
Waar kry ek dan die finale puntestand?
Omdat Superbru nie die double-up gebruik nie, sal die finale leaderboard op Bossies beskikbaar wees.
Die belangrikste vraag. Is daar weer vanjaar ‘n Tour de SFL?
Ja. Dit is standing date en almal is welkom om ‘n maatjie uit te daag en sodoende deel te hê aan die pret!











