Bossies

Afrikaans online Blog

Bossies

Detox - Deel 5

14.1.2006 – 13.55

Dag drie en 'n half is agter die rug.  Die probleem waarmee ek vandag sit, is dat dit Saterdag is.  Dit beteken dat ek gewoontlik kuier saam met my vriende en dit sluit 'n pakkie sigarette of twee in.  Vandag is ek gelukkig op Mosselbaai saam met my pregnant fairy, wat die situasie so bietjie makliker maak.  Hier is niemand rondom wat rook nie.  Maar my sigarette le nog steeds op die tafel hier binne. 
0.0.50/
Dit is nou op hierdie staduim van die ophou rook dat jy met jouself begin redeneer.  Wil ek nou regtig ophou rook?  Ek sit nou vir 3 en 'n half dae sonder die goed.  Whoepee, maar is dit regtig wat ek wil he.  Op die stauduim is daar nog nie so groot invloed op my gesondheid nie.  Dit is tog nie so erg om te rook nie.  Veral as ek van nou af net minder rook.  Dit is tog vir my lekker om te rook.  Bogger die verslawing en die gesondheid, dit is vir my lekker om te rook.

Detox - Deel 4

13.1.2006 – 16:53

Het so bietjie gedut en het weer le en dink watter stryd vir my voorle.  Ek dink nie 'n mens besef wat dit kos om verslawing te breek nie.  Ons almal dink aan drugs en alkohol as ons aan verslawing dink.  Sigarette en eet is nog so te se aanvaarbaar.  Wel, sigarette kry deesdae baie opdraande, maar meer as 'n lewensstyl as 'n AAA geval.  Dit is 'n meer polities korekte gebaar as om vir drugs opgeneem te word.

Daar is nie regtig 'n groot verskil nie.  Of jy nou jou liggaam aftakel deur die gebruik van kokaiene of die gebruik van suiker, skade doen jy.  Weet jy dat die chemiese samestelling van kokaiene en suiker nie veel verskil nie?

Detox - Deel 3

13.1.2006 – 9:30

Ek het gisteraand oorleef!  Ook maar net met die sigaret, wat eet betref, het ek weer die voortou geneem.  Jy kan nie glo hoe moeilik dit is om die hele paket bymekaar te hou vir net een dag nie.  Die eet is 32 jaar se verslwing wat ek moet breek.  Die rook is sowat 15 jaar.  Sjoe, nou dat ek dit so neertik, is dit nogals erg.  15 jaar.  Dit neem  15 jaar vandat jy opgehou rook het, totdat jou kanse vir siektes afneem to dieselfde as wat 'n persoon sin is wat nog nooit gerook het nie.  So, ek het nou my 15 jaar van sonde gehad, so nou moet ek die 15 van suffer begin.

Detox - Deel 2

12.1.2006 – 17.58

Ek kan nou my een long gee vir 'n sigaret.  Die ergste is dat daar net hier binne 'n pakkie le – ek hoef nie eers te ry om te gaan koop nie.  Maar, ek staan nou amper op dag twee.  Gisteraand het ek 'n wiskey en 'n glas wyn gedrink.  Die rook deel was nie te moeilik gisteraand nie, al het ek iets gedrink.  Dit was mos immers my eerste aand en dan is 'n ou gewoontlik baie gemotiveerd vir die ding.  Natuurlik het die dag se effense babbie gehelp om al die luste te onderdruk.