Dag drie en 'n half is agter die rug. Die probleem waarmee ek vandag sit, is dat dit Saterdag is. Dit beteken dat ek gewoontlik kuier saam met my vriende en dit sluit 'n pakkie sigarette of twee in. Vandag is ek gelukkig op Mosselbaai saam met my pregnant fairy, wat die situasie so bietjie makliker maak. Hier is niemand rondom wat rook nie. Maar my sigarette le nog steeds op die tafel hier binne.
0.0.50/
Dit is nou op hierdie staduim van die ophou rook dat jy met jouself begin redeneer. Wil ek nou regtig ophou rook? Ek sit nou vir 3 en 'n half dae sonder die goed. Whoepee, maar is dit regtig wat ek wil he. Op die stauduim is daar nog nie so groot invloed op my gesondheid nie. Dit is tog nie so erg om te rook nie. Veral as ek van nou af net minder rook. Dit is tog vir my lekker om te rook. Bogger die verslawing en die gesondheid, dit is vir my lekker om te rook.
So wat nou van hier. Dit is nou op die staduim dat jou bors nie meer so erg fluit as jy so paar trappe geklim het nie. Jy voel goed, of redelik goed, omdat jy nie 'n idee het van wat regtig goed voel is nie. Jou energie is so effens beter, maar dit beteken net dat jy na een van jou pels sal ry om te kuier in plaas dat hulle by jou moet kom kuier. En jy het jouself oorreed dat rook nie regtig so probleem vir jou is nie. Dit is Saterdag middag, naweek, tyd vir ontspan, tyd vir 'n lekker dop en tyd vir 'n lekker sigaret en agteroor sit en nonsens praat.
Dit is nou die tyd wat net wilskrag jou sal help. En jy sal baie daarvan moet he. Of jy moet jou vrou vra om jou in 'n kamer toe te sluit. Geen waarhede gaan jou nou hier help nie. Net die nare waarheid dat daar altyd 'n eerste naweek sal wees. En dat daar nog naweke sal wees. Dit is nie die laaste naweek nie. Nou is dit net vir vasbyt. Dit is hier waar hoofpyn en issagrimmigheid tot 'n voorskyn sal kom. Doen enigeiets om jou deur die tyd help. Dit sal nie maklik wees nie.
Dit laat my weer dink aan die “3 day hump” Soos dinge nou staan is dit die eerste 3 dae, en dan die tweede 3 dae wat die naweek ook insluit. Deur terug te kyk na my 3 en 'n half dae, is dag een defnitief die maklikste en dag 4 die moeilikste oor dit vir my oor die naweek val. Dag een voel jy anyway te sleg om dalk te wil rook. Dan is die “3 day hump” regtig 6 dae lank. Of een week. Hel maar dit is moeilik.
Ek het noudie dag na “Se wie” oor die radio geluister en die program het gegaan oor hoe mense dit reggekry het om die stokkies weg te gooi. Ek het nou nie regtig telling gehou nie, maar ek sal se dat nege uit 10 mense net die pakkie neergesit het om te stop. En almal onthou hoe lank terug dit was. Daarom maak dit net nog 'n groter prestasie om op te hou rook. Almal onthou die tyd. Dit beteken dat dit niks minder moeilik is om op te rook of drink of drugs gebruik nie. As al die gevalle, of een van die gevalle makliker was, sou niemand 'n tydaspek op dit geplaas het nie.
Niemand sou inbel en se ek het opgehou rook, maar kan jou nie regtig se hoe lank terug dit was nie. Wel daar mag 'n enkele hier of daar wees, maar dan mag dit die nikotien wees was sy geheue aangetas het. Alkohol en nikotien verminder bloedvloei na die brein. En dit geld vir albei breins in 'n man se geval!
Dit is nou wat jy vir jouself moet se hoekom jy wil ophou rook. Dit was natuurlik 'n goeie idee om so0.0.50/ 'n lys op te stel voor my met die oefening begin het. Want dit is hier wat jy dit sal gebruik. Onthou net dat jou brein sterker is as enige verslawing, jy moet net ingee dat jy brein die beheer neem en nie jou gevoelens nie – dink nigter oor die saak. En ja, as jy nou 'n paar doppe ekstra neem, sal dit harder wees om te bly staan.
| Next > |
|---|












