Ten spyte van die daling in die professionaliteit van die aanbieding, was Episode 5 nogal baie insiggewend en wil ek graag ʼn paar opmerkings maak. Lees dit asseblief in die gees van Episode 5, m.a.w. druk dit uit, drink ʼn paar biere en lees dit dan.
- Neem altyd die weeklikse episode voor 20H00 in die aand op, of wag, hoe later hoe beter!
- Dit was ʼn goeie paneel van gassprekers wat julle gehad het vir Episode 5, net jammer julle het nie almal voorgestel nie. Ek het darem julle buitelandse gas erken, Mr. Amstel, asook ons eie plaaslike kenner, oom Koos. Ek is net nie seker wie die ander een was nie, Mr. Daniëls, Kaptein skuim, Mr. Bergh of een van daai geharde manne?
- Ek is bly om te sien dat julle darem so nou en dan na die Superbru log ook kyk en nie net na die SFL log nie. Die feit dat ek in die top van die SFL rond “fladder” en dit nie wen is toe te skryf aan my Achilles’ heel – Die double. Iets wat een van die organiseerders mos ingebring het om die game meer interessant te maak. Die wet van gemiddeldes moet seker darem een of ander tyd inskop en dan sal ek ook ʼn grootte of 2 kan double. Hopelik is dit voor die volgende Wêreldbeker.
- Dankie vir die voorstel. Ek het nog sowat 45 weke oor om al die pro’s & con’s van ʼn naamsverandering te oorweeg. Al wat my bietjie pla is dat jy die name van al die karakters in die Astrix flieks ken!
- Is 16de in 2007 ook deel van die top 5? (Dis die tipe goed wat gebeur as jy 3 punte double op die Lotto naweek.)
- Ek is deeglik bewus daarvan dat die wenner van die SFL nog nooit Week 1 gewen het nie, maar so ook het geen speler die SFL nog agtereenvolgens gewen nie. (Albei ewe nuttelose stellings)
Daar’s gewoonlik 2 metodes wat gebruik word om die toekoms te voorspel. Die eerste is om dit so vaag te hou dat dit verskeie interpretasies kan hê. Vra maar vir meeste van die groot voorspellers. Die tweede is om patrone te sien in die geskiedenis en dit so te ekstrapoleer sodat die resultate vir jou hoop* gee. Die “SFL wenner vs. die Week 1 wenner” is een van hierdie tipes. Nou hier’s my weergawe van die “SFL wenner vs. Week 1 wenners”:
Dit is slegs my 3de jaar wat ek die SFL speel en die Week 1 resultate vir die 3 jaar lyk as volg:
2007: 4 spelers wat die volle jaar gespeel het, het week 1 gedeel:
6 punte – Bob, DieMol, JanH & KleinVic
2008: 3 spelers wat die volle jaar gespeel het, het week 1 gedeel:
8 punte –JanH, Pieringoog & cobra (Cassie(8) het ophou speel na week 9)
2009: 1 speler het week 1 gewen:
10 punte – JanH
My resultate van die afgelope 2 jaar:
2007: 4de
2008: 3de
2009: ???
Wys jou, jy kan enige iets met stats bewys!
Ok, ek het ook soos julle nou genoeg gewaffel, maar wil net ʼn laaste gedagte by julle los.
Die gesegde sê mos, “Die pen is magtiger as die swaard”, maar dit was voor die dae van TV & Youtube.
JanH
*HOOP – Die onrealistiese verwagting dat die onvermydelike nie gaan gebeur nie.
| < Prev | Next > |
|---|












