O krisis, ek en my groot bek, so bly ek het n printout van week een gemaak want my persoonlike glorie was van korte duur-Die vuilhonde was baie vinnig oor my en toe sommer voor my...
Baie geluk aan die wat kopskote geskiet het en die wat sommer net spot on was, nie soos die poepol met n wensdenkery besig was, sommige van julle was besig om die blind side te werk soos n pop- up toaster en toe vang julle my met my broek op my kniee!
Bossies kon nie wag om my te bel Saterdag aand en sout in my wonde te vryf, maar ek het goeie sportmanskap getoon en hom laat begaan, hy het mos vergeet die hoe boompies vang die meeste wind en O ek gaan daar staan as hy neerslet, moet net nie dink ek gaan help vang nie, O nee, I’m gonna let you crash and burn.... Vicky O Vicky, jy sal jou sokkies moet optrek my ou maat, Malmesbury is baie verder op n bicycle as wat dit in dagga is en feitlik kan ek jou belowe, in die treurige toestand wat ons is sommer 2X verder, jy gaan klippe kak as jy nie vinnig plan sien, maar ek belowe ek sal daar wees vir moral support en enige ander tipe support wat jy dalk kan benodig op judgement day.....
JanH, netelige puntjie, ek voel eintlik sleg om te roer want jy is after all die een wat baie meer as ek hier doen maar nietemin het ek n klein request, en ek stres dat ek vra, nie se! Kan jy dalk jou stats bietjie vroeer in die week plaas, 5 minute voor die game is so bietjie druk, soos beeste in n drukgang, jy kan net een op n keer slag maar die tyd stap aan, DANKIE.
Nou vir die grap van die week, ek gaan my hand aan predictions sit. Moet by se dat dit nie veel van Bossies verskil, kort en kragtig:
Hurricanes
Force
Crusaders
Waratahs
Brumbies
Blues
Bulls
Hier is so paar 50/50 games in my oe maar ek moet weer vir Bossies vra of hy een of ander seldsame virus onder lede het, ek het Maandag middag verby Ellis Park gery en Jake White se woorde dat hy graag Ellis Park as die Bok hoofkwartier sou wou sien gehoor, en toe mos terselfde tyd mos aan die Leeus ook gedink en so gehoop n wen is vir hulle beskore maaar al wat to mind gekom het was eina, hulle het n kans in die hel om die een reg te kry, maar nou ja, dis een mens se opinie, wat te moer weet ek in elk geval?
Aan die res, happy hunting.......
| < Prev | Next > |
|---|












