Eers was daar geen hoop, toe hoop en toe devestation, how unlucky kan die Kapenaars nou wees? Hierdie was seker my vrotste SFL maar tog my grootste. Ek het mos darem onomwonde gese ek skree nie weer vir die Stormers!
Toe skree ek weer vir hulle, ek gaan vir die eerste keer in 15 jaar Nuweland toe, ek skud Jake se blad en ek sit voor die TV en skree my longe uit, nou vir die wat my ken is dit seker net so goed ek het vertel ek was maan toe gewees, en last but not least, ek het dit geniet en gaan volgende seisoen n season ticket he! Groot was my teleurstelling gister aand toe die Sharks deurskuif, maar moet se hulle het dit seker verdien, as ons manne nie die hospitaal vol gele het was ons seker daar, maar AS is verbrande hout en cowboys don't cry, of wat se ek?Nou is daar net 2 weke se harde gil en jil vir een span oor en dan het die Groot 14 weer sy gat gesien tot vlg jaar wat in any case alweer net om die draai is. Baie dankie vir almal wat saam gespeel het en dit weereens n lekker uitstappie gemaak het, moet se ek is bly ek was nie heelbo, daai geheimsinnigheid waarmee hulle gedink het hulle moes speel sou my onder kry, wie worry in elk geval nog wat die ou langs jou speel, shit dis tog nie Graad1 eksamen, dis mos for fun, of wat praat ek nou?
PARTY- Hoop ek sien so paar van jul bleek siele daar, Franza, vir die moeite wat jy geneem het om jou situasie te verduidelik sal ek vir jul 2 gaaitjies hou, geen probleem, vir die res, moet aseblief nie n week af in die pad kom kak en kerm by my of Bossies, ek het nie mense verhouding skills of geduld om met besluitlose mense te sukkel. Die PARTY sal soos laas jaar fokken lekker wees, so maak jou besluit en terk jou kruisie dat ons iets lekkers kan doen
Tot vlg jaar.....
| < Prev | Next > |
|---|












