Bossies

Afrikaans online Blog

Baas Gert

Naweek 1

Ek is seker as ek verstaan het wat Eros Ramazotti hier in die agtergrond sing sou dit somewhere along the lines of jy is n grootbek poepol met heeltemal meer bek as breins gewees het, maar nou ja, wat sou ek gewees het sonder my groot smoel? Baie geluk aan die Mbury's se tydelike oorheersing en aan my fellow dorpenaars, trek vinger ouens, ek gaan nie ons naam kan hooghou so dit sal by julle le, dankie Elrine, jou naam lyk baie mooi daar aan die bokant. So dit is nou dit, die eerste naweek is verby en gemengde gevoelens is aan die orde van die dag, so ook n klomp nuwe gameplans en en nuwe oortuigings, ek vir een maak my reg vir n (met my beperkte voetbol kennis) lekker gebalanseerde super14 wat ek glo baie onverwagse draaie gaan uitdeel vir ons..... Wens dis alweer Vrydag, kannie wag vir die volgende episode

Baasgert, oor en uit!

En toe kom die einde...

Eers was daar geen hoop, toe hoop en toe devestation, how unlucky kan die Kapenaars nou wees? Hierdie was seker my vrotste SFL maar tog my grootste. Ek het mos darem onomwonde gese ek skree nie weer vir die Stormers!

Moerig

Nou ja, ek was bietjie stil die laaste tyd, maar het n goeie, geldige, waterdigte rede-Ek het so bietjie getravel! Bobbejaansberg, Standerton, Rustenburg, Mafikeng...........baie lekker en terselfde tyd very very depressing en eye opening en dan terselfde tyd hoor ek my vriend Dolf, ignorance is bliss, die woorde waarteen ek al baie met hom baklei het klink baie aanloklik, is dit omdat hy ouer en wyser is of ek net fokken stupid?

Nog n week 3

O krisis, ek en my groot bek, so bly ek het n printout van week een gemaak want my persoonlike glorie was van korte duur-Die vuilhonde was baie vinnig oor my en toe sommer voor my...

Baie geluk aan die wat kopskote geskiet het en die wat sommer net spot on was, nie soos die poepol met n wensdenkery besig was, sommige van julle was besig om die blind side te werk soos n pop- up toaster en toe vang julle my met my broek op my kniee!

En toe kry ek ook n blokkie

Hel ou Jan, jy’s blerrie gelukkig om gevra te word, ek is eenvoudig ingelig deur die uwe dat ek n spasie het om te vul, weeti wat die intensies is maar dit moet diep en donker wees aangesien ek nie eers skryfsteil kan spel en my voetbol kennis beperk is tot die vaste ses...go figure!